KK-header3.png
Afrikaans (South Africa)English (United Kingdom)
Wat gebeur volgende?
No event found.

Die Koningskinders is ’n diensgroep van die Gereformeerde Kerke Randburg en Linden.  Dit is ’n groep jongmense wat aan die fisiese en emosionele behoeftes van die leerders van Laerskool Claremont, ’n minderbevoorregte skool in die hartjie van Johannesburg, voorsien.

 

Laerskool Claremont is ’n laerskool in die hartjie van Johannesburg en is in die Claremont-area, tussen Newlands en Westbury, geleë.  Die skool bestaan uit 25 leerkragte en 777 leerders van Graad 0 tot Graad 7, tussen die ouderdom van 4 tot 14.  Die jaarlikse skoolfonds beloop slegs R100 per kind, aangesien meeste van die ouers van hierdie kinders werkloos is.  Die gesinne kry ook daagliks een maaltyd by die skool se sopkombuis

 

Hierdie diensgroep reël sosiale en opvoedkundige aksies vir die Koningskinders deur die jaar. Die hoogtepunt van elke jaar, vir die groepleiers en die leerders van Laerskool Claremont, is die kamp wat gewoonlik die laaste naweek van Oktober plaasvind. Gedurende die jaar vind die aksies gewoonlik op 'n saterdag oggend plaas en die verrigtinge sal afskop met bybelstudie en dan speletjies en 'n middagete.

 

 

Datum

Aksie/Fondsinsameling

5 Februarie

Kinderkerk: Linden

21Februarie

Spur-fondsinsameling: Cresta

9 Maart

Fliekaand: Skoolsaal

22 April

Kinderkerk: Randburg

6 Mei

Koekverkope: Linden (fondsinsameling)

13 Mei

Koekverkope:Randburg (fondsinsameling)

19 Mei

Gee aan ouers

15 Junie

Dans-fondsinsameling

21 Julie

Ons Huis

7 Augustus

Spur-fondsinsameling

26 Augustus

Kinderkerk: Linden

8 September

Boomplantdag

19 – 21 Oktober

Kamp

24 November

Kersaksie