KK-header11.png
Afrikaans (South Africa)English (United Kingdom)
Wat gebeur volgende?
No event found.

Doel:  Om vir elke kind te leer om te gee. 

           Om te gee maak nie saak hoeveel jy het om te gee nie, maar om met 

           die regte gesindheid te gee.

            Om individual aandag te gee aan elke kind

Die kinders het by die skool gekom en ongelukkig het die weer nie saam gespeel nie en a.g.v die reen moes ons die meedeel dat ons nie die dag kon Zoolake toe gaan nie.  Ons het geopen met gebed en ‘n paar liedjies.

Daarna is die kinders in groepies van tussen 7-10 ingedeel by ‘n groepleier  Elke groepleier sou die res van die dag saam hulle groepie die meeste van die aktiwiteite doen.

Die kinders het elkeen ‘n pakkie met met krale en ander mooi maak goed gekry  Elke kind het vir hulle ma’s ‘n armband en boekmerkie gemaak wat hulle vir die ma in hul lewe op moedersdag die volgenda dag sou gee  (kyk na fotos hoe die liefde gestraal het).

Na die kreatiewe sessie het elke goepleier met sy groepie bybelstudie gedoen en gechat oor Gee.  Wat God vir ons sêoor gee, en wat die kinders dink en voel oor gee.  Ons het ook vir die kids ‘n kopkrapper gegee in terme van ‘n blokies raaisel.

Ons het ook ‘n projek van Gereformeerde Kerk Linden ondersteun nl. Die koekie projek.  Elke kind het ‘n pakkie koekies gekry wat hulle vir ‘n vreemdeling in die straat moes gaan gee.  Elke groepleier het met hulle groepie gery en die koekies aan minder bevoorregtes by robotte en winkelsentrums gaan gee.

Daarna was dit terug skool toe waar dit etenstyd was.  Die dag is afgesluit met ‘n twee been resies waar die gee tema ook weer deur gekom het, en gebed.

 

 Wat het CPR, die gelykenis van die barmhartige Samaritaan en n “HELP!” hotdog met mekaar te doen?

 'n Kakefonie!

Ons eerste KoningsKinders aksie het die gawe van, hulp/mercy uitgebeeld.

Ons het die gelykenis van die barmhartige Samaritaan opgevoer; die St. John Brigade het vir ons CPR geleer en ook hoe om iemand te help wat besig is om te verstik. Ons het ook vir die kinders “First aid” pakkies gegee.

Elke “first aid” pakkie het die volgende items gehad wat die eienskappe van “mercy” uitgebeeld het:

•Inspuiting- Sensitivity
•Verband- Tolerance
•Plyster- Compassion
•Watteballetjies– Comfort
•Tablette- Kindness

Wat het ons geleer deur dié aksie?

Ons harte sal slegs verander as ons die Woord hoor en verstaan. Eintlik, lê ons almal langs die pad (soos die jood) as gevolg van ons eie sondes. Jesus het ons genader en ons op gehelp. Hy is ons barmhartige Samaritaan. Die Samaritaan  in die gelykenis het die vreemdeling (jood) langs die pad gehelp teen n groot persoonlikekoste, geld, tyd en effort. Jesus het ons gered vir die prys van Sy lewe. Ons kan alleenlik ‘mercy’ betoon sodra ons tot die erkenning kom dat ons langs die pad lê en dat dit Jesus is wat ons gered het.

As ons, onsself ag as iemand wat nie nodig het om gered te word, sal ons nie regtig ‘mercy’ teenoor ander mense kan betoon nie. Sodra ons, ons huidige situasie verstaan en ons sien Jesus se liefde vir ons in daai desparate situasie, dan sal ons ‘mercy’ vir ander mense kan he.

 

Die 2011 Jaarbeplanning lyk as volg:

Aksies:

7 Mei : Safari ete

11 Junie: Besoek ouetehuis

30 Julie: Onderrig aksie

17 Sept: Dogtertjie & Seuntjie aksie

28-30 Okt: KAMP!

25 Nov: Carols by Candlelight

Fondsinsamelings:

16 Maart: Spur aksie

24 Junie: Dans

17 Julie: Sop & Sjerrie

2 Sept: Lentedans

 

FEEL IT, IT IS HERE!!

Op 5 Junie 2010 het die Koningskinders die sokkergees met albei hande aangegryp!

Na ‘n moeilike, dog uiters pret sessie waar hulle die Diski-dans geleer het, is die kinders in groepe verdeel en elke groep het ‘n land in die sokkerwêreldbeker verteenwoordig.

Duitsland, Italië, Engeland, Frankryk, Brasilië en natuurlik Suid-Afrika was daar.

Elke kind moes op sy beurt doelwagter speel en ook die bal deur voorwerpe dribbel.

Danksy ‘n vreeslike gretige groepleier, is elke spanlid se woordeskat verbreed met ‘n sin of twee in die betrokke land se taal!

Hulle moes elkeen ‘n landskreet oefen en hulle kennis is getoets deur die vlae van wêreldlande in te kleur.

Hulle asems (en die groepleiers se ore) is beproef deur ‘n vuvuzela en hulle wange was gou-gou opgehelder met vlaggie-tatoo’s!

Elke deelnemende span was inderdaad ‘n wêreldkampioen in eie reg en hulle is beloon met pizza en ‘n vuvuzela van hulle eie.

Wat ‘n opwindende Saterdagoggend!!