Laerskool Claremont is ’n laerskool in die hartjie van Johannesburg en is in die Claremont-area, tussen Newlands en Westbury, geleë. Die skool bestaan uit 25 leerkragte en 777 leerders van Graad 0 tot Graad 7, tussen die ouderdom van 4 tot 14. Die jaarlikse skoolfonds beloop slegs R100 per kind, aangesien meeste van die ouers van hierdie kinders werkloos is. Die gesinne kry ook daagliks een maaltyd by die skool se sopkombuis