Tydens die jaarbeplanning van 2008 is besluit dat Laerskool Claremont ’n rekenaarsentrum moet kry!
Die skoolhoof, oom Dick, het gebieg (heelwat later) dat hy al lankal hiervoor bid.
Tydens een Koningskindersvergadering daag Hilda Potgieter op en sê: “Ja, my ma Magda werk by Wits en hulle wil 60 (“cutting edge”) rekenaars aan ’n skool skenk!
’n Lokaal is ingerig: ’n Klaskamer met diefwering, roldeure, slotte en sekuriteit – iets soos Alcatraz.
Tafels word ingebou, stoeltjies kom daartoe en die nuwe verfreuk het sy eie bekoorlikheid.
Toe was dit nog net die elektrisiteit vir die rekenaars en die klas is klaar, ’n getuienis van uitnemendheid!
Toe die rekenaars. Die tog na Wits is met “Venter trailers”, kombies, busse en kinners aangepak. ’n Laaaaannnnngggg ry is gevorm en die rekenaars volg ’n pad van die Wits-lokaal, deur die jong hande, na die sleepwaens. Aangekom by Laerskool Claremont is die proses herhaal, deur die hande van hierdie kinders van die KONING, oftewel Koningskinders.
Die rekenaars is in en ’n onthullingsdag word gehou – lint en al.
Wits se Prof. Laquet en Magda Potgieter was daar (sy en Hilda gestuurdes van BO).
Wie sou kon dink dat hierdie projek van R80 000 net so uit die hand van die Here val! Jip, ons GLO!
Dankie aan die Gereformeerde Kerke Linden en Randburg vir alle bydraes en vir elkeen wat in hierdie operasie deur die Here gebruik is. AAN HOM DIE EER!